iwellington
Wellington Coffee Table Book
English Val du Charron, Wamakersvallei, Wellington - a verdant, thrice-named valley, steeped in history and culture, replete with natural splendour, an enviable climate, a rich architectural heritage, interesting inhabitants, and a legacy of wine-farming dating back 300 years ... A place of many facets, contrasts and moods, perhaps the greatest part of Wellington's charm lies in its air of rustic innocence. At heart it is still a 'dorp', with all the quirks, eccentricities and old-fasioned values characteristic of a small town. Slightly off the beaten track, Wellington is a largely undiscovered, often underrated, as yet unexploited gem. As jewels go, it's a rough diamond, lacking the gloss, glamour, slickness and smug sophistication of its more worldly country cousins - but then, it is precisely this difference that is a special source of pride to Wellingtonners both old and new alike. This book is a labour of love, which invites you on an intimate armchair tour of the Val du Charron. Explore the place in all its diversity, and meet its people - from the visionary pioneers who shaped the valley's past, to those who are forming it's future.
Afrikaans As Wellington, die oggend as jy opstaan bergloos en uitsigloos is, dan weet jy: teen vanaand reën dit sonder 'n weervoorspelling. Maar as die Hawequas die oggend met vaste voet en tred verrys om majestieus en op aandag, heeldag lank oor die vallei te waak en saans wanneer Sneeukop in ysblou toegewikkel is, steeds rotsvas die nagwaak hou, dan is daar geen keer aan mooiweer nie. En op sulke dae kreun wasgoedlyne - en vir wat dit werd is, enige draadstut in die buitewyke - onder bont drapeersels. Dis op sulke dae dat die wat kans kry om hul oë op te slaan na die ewige gebergtes wat ons vallei omring, hulle siele met 'n diep, gulsige asemteug kan voed aan die onverbloemde skoonheid waarmee ons daagliks bederf word. En dis waaroor hierdie boek gaan. Die dorp, sy mense (toe en nou) en sy mooi omgewing.
We invite you to read through the reviews, located in the review panel - scroll down. The Val du Charron coffee table book is available for purchase by providing us with the requested details below. The book retails for R500.00 ZAR, approx. $60.00 USD. Shipping is available to both domestic & international addresses.

ORDER | WELLINGTON COFFEE TABLE BOOK


Your name

Your e-mail address

Delivery address

At receipt of your order, we will mail a detailed invoice. At receipt of your payment, we will mail the coffee table book to your delivery address


REVIEWS

Die Bolander | Die Burger | Fynproe | Paarl Post | Val du Charron


DIE BOLANDER
deur Francois Verster

Eens is gesê alle waens loop deur die Wagenmakersvallei; vandag kan jy hulle spoor vat met 'n gids wat jou sintuie sal streel.

Ons was by 'n boekbekendstelling by die Afrikaanse Taalmuseum toe iemand my vra of ek 'n resensie gaan skryf oor "die nuwe boek oor Wellington se geskiedenis." "Nee, watter boek is dié?" Wou ek weet. Ek dog dadelik dis net nog een van talle streeksgeskiedenissies wat iemand nou weer aanmekaargeflans het - nie dat meeste van hierdie werke nie met sorg en sweet geskep is nie; inteendeel, maar daar moet tog seker al etlike boeke oor Wellington bestaan?

Eers toe ek begin rondsnuffel, eers in my eie boekery en toe in die Kaapse Argiefbewaarplek, ontdek ek dis g'n so nie. Daar is enkele studies gedoen, wat ek reeds in die geskiedenisrubriek genoem het, maar toe ek die nuwe boek uiteindelik ontvang, weet ek sommer daar is niks anders in hierdie pragstuk se liga nie. Meer omvangryke en baie verdienstelike werk is wel gedoen, maar nie in so 'n lekkerlees-koffietafelformaat met pragtige kleurfoto's nie. Akademiese studies is essensieel om kennis en geloofwaardigheid daar te stel; dis nodig vir bona fide navorsers om op te bou, maar as mens die "gewone publiek" wil nadertrek (sonder om tot geweld oor te gaan), dan lok jy hulle liefs met skoonheid en maklik-verteerbare teksinhoud.

Hierin slaag Amanda Kreitzer se "Val du Charron: 'n blik op die vallei van die wamakers" beslis. Almal wat die buiteblad sien wil inloer, in die boek en in Wellington se storie(s). Kreitzer publiseer al vir 12 jaar op eie inisiatief (sy sê wel sy is deur W.A. de Klerk geïnspireer) die dorpskoerant "Val du Charron" en heelwat van die gelyknamige boek se inhoud kom uit hierdie dosyn jare se inligting-insameling. Die geskiedenis van die dorp en omgewing word ver gaan haal, naamgewing en dorpsontwikkeling word bespreek en die inslag is warm en mensgerig. Stories en essays en gedigte is ingeweef in die uitleg wat spreek van kunssinnigheid, terwyl die intellektualiteit van die teks mooi balanseer met die intimiteit van die foto-beelde wat meestal deur Kreitzer self geskep is - mens sou dink dat dit 'n gesoute professionele fotograaf is wat hier - om uit P.H. Nortje se voorwoord aan te haal; "'n mosaïek van beeld en woord ... met deernis en filosofiese helderheid" in boekvorm aanbied.

Dit was duidelike 'n mammoet van 'n projek - om 400 bladsye so keurig te skep en te skik neem moed en deursettingsvermoë en vertroue in jou eie kreatiwiteit. Kreitzer het 'n beperkte oplaag van hierdie aantreklike boeke laat druk en dis seker dat sy kan begin beplan aan 'n tweede uitgawe; hierdie mooi huldeblyk aan Wellington sal sy weg na baie huise vind, hetsy Engelse of Afrikaanse.

Resensente het tereg gevra waarom seker bekende Wellingtonners nie genoem is nie (bv. die "grootste Afrikaanse digter vandag"), en dit het my ook opgeval, maar mens moet in ag neem dat geen mens en geen boek volmaak is nie - al sal daar diegene wees wat aan "Val du Charron" volpunte wil gee. Daar is wel elemente van herhaling en gefragmenteerdheid en die keuse van Wellington se "Groot Vyf" het wenkbroue laat lig en nie elke leser sal aanklank vind by die - soos een resensent gesê het - sentimentele sketse en gedigte nie. Toe ek die boek neersit, is daar egter geen dowwe kol of nasmaak wat hinder nie; soos die eersteklas brandewyne wat op "De Compagnie" en "Upland" gemaak word - ek het al beide geproe - trek 'n warme gevoelentheid deur my; murg en pyp als versadig.
DIE BURGER
Pragtige eerbetoon aan Bolandse dorp: deur Ampie Coetzee. 08/06/2008 10:45:52 PM - (SA)

As ’n mens 'n pragboek oor Wellington soos hierdie lees - met 400 bladsye teks en foto's - dan wonder jy: Verdien Wellington dit?

Nuwe boorlinge van hierdie dorp - soos ek en my familie - het aangevoel dat daar iets omtrent hierdie dorp is wat dit waarskynlik anders maak as die meeste dorpies.

Wat is dit wat hier voorgestel word - die "skakerings op die maat van woorde"?

Die leser word aan die begin van die boek voorgestel deur kleurfoto's van bekende bakens: kerke, 'n bank, die Ned. Geref. Kerkzaal: 1914; en oom Andrew Murray op sy stoel, starend in die verte, met die Bybel op sy skoot (vir ewig oopgeslaan by Die Klaagliedere van Jeremia?).

Dan volg die geskiedenis van die dorp. Daarna word ons ingelig oor die Groot Vyf (meester Stucki, Andrew Murray, Pieter Cillié, Abraham Izak Perold, Schalk Burger jr.). Die Groenberg-skool kom aan die beurt, waar C.P. Hoogenhout, een van die "stigters" van -Afrikaans, skoolgehou het; en, sê Amanda Kreitzer, "one can only marvel at the evolution which was taking place in the language".

Verder word vertel van vrugteplase, rose; van wynlandgoedere en wynkelders. Ongeveer 20 daarvan in en rondom die dorp (wat 'n dorp: soveel sap tot dankbaarheid!). Ook van sakemanne wat klein begin het, en hulle wat nou deur harde werk en inisiatief groot - geword het.

Alles veral vertel deur middel van die mooiste, mooiste foto's. Wat die hele omgewing in die helderste kleure voorstel. Soms geromantiseer, soos die Arbeiders op die Akker, byvoorbeeld.

Van die welafendes tot die behoeftiges word gewys - sonder om die hulpbehoewendheid wat hier juis so opvallend is, te beklemtoon. Te verstane seker, want dis nie 'n sosiaal-politieke studie nie.

Die enigste werklike kritiek wat ek het, is die essays en gediggies deur die skrywer en haar seun tussen sommige hoofstukke. Die betrokkenheid van die skrywer en haar familie by die werk gee dit 'n persoonlike toon. Maar die tekste is te geforseerd en te romanties.

Daarmee word seker probeer om 'n literêre skakering te gee, soos die Voorwoord deur P.H. Nortjé. Maar die ander skrywers van hierdie dorp word nie genoem nie. Ook nie eens die naam van die grootste lewende digter in Afrikaans nie.

Hierdie boek is sekerlik die grootste eerbetoon aan hierdie mooi dorp en sy mense. Die retoriese einde som op: " 'n Dorp waaraan 'n mens kan behoort soos aan 'n geheime organisasie, want hy deel sy diepste geheime met jou hoe nader jy aan sy hartklop kom. 'n Dorp met deernis as jy eers jou moeë self teen sy boesem gelê en vertroosting en ondersteuning ervaar het".

Ampie Coetzee is ’n buitengewone professor in Afrikaans aan die Universiteit van Wes-Kaapland.


Fynproe
'n Hartstaak is afgehandel met die saamstel van hierdie boek-400 bladsye met die mooiste, mooiste foto's deur Gideon en Amanda Kreitzer én wynman Petrus Bosman - oor Wellington, sy geskiedenis, sy hartseer en sy vreugdes. Die Groot Vyf (meester Stucki Andrew Murray, Pieter Cillié, Abraham Izak Perold en Schalk Burger jr) word aan jou bekendgestel en vrugteplase, rose, wynkelders, sakemanne en bekende bakens word in kleur vasgevang wat jou laat besef dat daar iets anders is aan hierdie dorp. Hierdie boek is 'n moet vir elke inwoner van Wellington en 'n aanwins vir enige koffietafel.


Paarl Post
Blaai 'n mens deur die swart-en-wit proewe van Amanda Kreitzer se voorgenome koffietafelboek oor Wellington, tref die skoonheid van die dorp, sy argitektuur en die omgewing mens al - en dan soveel te meer wanneer dit volkleur op 'n rekenaarskerm lê, met die perspienk van 'n sonsondergang oor die Hawequaberge wat uitstaan, die skettergroen van die wingerde rondom die dorp of die bontspul van ’n wasgoeddraad op 'n plaas.

Na verwagting sal die ware Jakob in Januarie amptelik bekend gestel word. "Val du Charron - 'n Blik op die Vallei van Wamakers, skakerings op die maat van woorde" is die lywige en omvattende titel van die ewe lywige tweetalige boek. Die foto's het sy oor 'n tydperk van vier jaar geneem, want, as redakteur van die Val du Charron dorpskoerant die afgelope elf jaar, het Amanda maar altyd haar kamera by haar. "Ek is mal oor foto's neem," vertel die boorling van die ou Suidwes. Blaai sy deur die proewe, wys sy kort-kort 'n gunsteling uit, of vertel presies waar sy dit geneem het.

Vir ’n foto van Hugenote Kollege het sy gewag tot die rooi koraalboom voor die gebou in blom was, terwyl ander foto’s maar net spontaan oor haar pad gekom het. ’n Foto van ’n bruilofsgroep op ’n plaas buite Wellington is skaars ’n week of wat gelede nog geneem. ’n Mistige toneel van die dorp is vroegoggend vanaf ’n plaasstoep geneem. “Ek het probeer om ’n paar ander hoeke vir die foto’s te gebruik.” Benewens Amanda se eie fotografie, bevat die boek ook aangrypende landskapstonele en ander foto’s van die omgewing deur Amanda se seun Gideon, asook Petrus Bosman, Brent Taylor, Conrad Wegelin en Marina Smit.

Die boek dra ook swaar aan historiese foto’s, wat ’n kykie bied op die dorpsgeskiedenis. Die eerste burgemeester sit fier op een, saam met foto’s van die Lady Loch voor die ysterbrug aangebring is en vrugtedroogbedrywighede uit toeka se dae. Daarby het mense vir haar ou foto’s aangedra, “soos wat hulle hoor ek is besig met die projek.” Ander historiese foto’s het sy onder meer vanuit die argiewe van die plaaslike museum opgediep.

Die boek bevat ’n historiese oorsig oor die dorp se geskiedenis, uittreksels uit haar “Heil die Leser” rubriek in die Val du Charron, asook die geskiedenis van verskeie gevestigde besighede en plase in die omgewing. Daarby fokus sy ook op haar sogenaamde “Big Five” figure in die geskiedenis van die dorp - onderwysman Marinus Stucki, sendeling Andrew Murray, die stigter van die droëvrugtebedryf Piet “California” Cilliers, wynprofeet AI Perold en Wellington se eie Wêreldbeker Springbok, Schalk Burger junior.

Amanda het self die skryf- en uitlegwerk hanteer. Na die laat nagte, die herhaalde proefleeswerk en die gestoei met die rekenaar is sy trots op die produk. “Ek het so ’n ongelooflike klomp ‘nice’ mense leer ken, meer as net die besigheidsmense wat ek deur my koerant reeds geken het.”

Deur onder meer spasie aan belangstellende besighede te verkoop, is hul stories daarby geïnkorporeer, wat ’n waardevolle opskrywing van die dorp se geskiedenis verseker. Daar is van wynplase, ’n byeboer, ’n rooskweker, ’n eetplek of twee, bou-ondernemings, sementwerke tot ’n kaasmakery opgeneem.

Die stories van die 45 besighede het haar aangegryp, en gee ook interessante feite oor die dorp se groei en ontstaan weer. “Dit is inspirerend om te kan lees hoe dinge groei - hoe ’n onderneming met een vragmotor kan begin, en net groei. “Dit wys net vir my mens kan met harde werk en inisiatief iets doen, almal het nie grade in besigheid nodig om ’n suksesvolle besigheid op die been te bring nie.”

Amanda skroom nie in die boek om ook haar sê te sê oor onder meer die dorp se sogenaamde “slopingsgeskiedenis” waardeur talle historiese geboue in die slag gebly het ten gunste van vernuwing nie. “Ons het baie karakter verloor,” glo sy. “So terwyl ek met die boek werk, terwyl ek die foto’s geneem het, besef mens maar net hoe ’n dorp kan verwaarloos en onversorg word. Hier is soveel wonderlike geboue, en hopelik mense wat omgee.

“Iets wat ek besef, is dat as iemand oor tien jaar dieselfde projek sou aanpak, die boek definitief nie dieselfde sal lyk nie; mense gaan dalk net nie meer omgee oor wie mnr Stucki of Hoogenhout was nie.” En wat gaan sy doen as die boek eers sy lê op haar eie koffietafel gekry het? “Beslis ’n Louis L’ Amour boek lees, ’n lekker oue.”


Val du Charron
VAL DU CHARRON - A LITERARY TRIUMPH FOR OUR VALLEY GIRL // by Maggie Follet
On the evening of Thursday, April 24th, Schalk Burger Sr's well-appointed Wellington wine-farm, Welbedacht, was witness to a rare phenomenon - an eclectic, 400-strong mingling of locals from diverse backgrounds and social echelons all basking in a warm, celebratory glow of togetherness and pride. The reason - the launch of a long-awaited coffee - table book, entitled "Val du Charron".

For those unfamiliar with the Boland's uniquely thrice-named town, "Val du Charron" (Valley of Wagons) was the lyrical Huguenot version of Wellington's previous Dutch name “Wagenmakersvallei”. Several months earlier, while still in the exhausting final throes of pre-publication preparations, author Amanda Kreitzer had stated with a twinkle that she was planning an epic “makietie” (festive do) to which absolutely everyone involved with the book would be invited. And so, finally, united through her efforts and thrown together in revelry, an unlikely gathering of die-hard Bohemians, businessfolk, winemakers, scions of worthy “old families”, restaurateurs, farmers, and the town's cultural and academic elite rubbed shoulders, all bonded by a sense of belonging.

Speakers Schalk Pienaar, Piet van Wyk, Henry Jones and Max van der Wath amused the crowd with anecdotes, praising Amanda's groundbreaking work, and affable host Schalk Burger Sr referred to her as “playing the role of a powerful catalyst” in helping to put Wellington on the map. Occasionally, amidst the carousing, congratulatory, fine-wine-swilling mêlée, the author herself could be spotted, looking slightly dazed, as if overwhelmed by the results of her own handiwork. Essentially, `Val du Charron' is the first full-scale published attempt to capture the complex essence of the Wellington valley and its people—both past and present—through words and pictures. For an outsider, who is still regarded by many locals as a somewhat eccentric newcomer, Amanda's book represents a major triumph, and it is as much her story, as that of the town.

The book `Val du Charron' was a logical progression. Begun a year ago as a dedication to a beloved friend who had died, it started life as merely a collection of personal essays and poems, enhanced by photographs. Slowly, the work took on a life of its own, until it became an epic tale of Wellington and its inhabitants. Over 400 pages of text and photographs, it relates the history of the area and the pioneers who moulded the town, with special emphasis on what Amanda refers to as Wellington's “Big Five” the late, great founding fathers Andrew Murray, Izak Perold, Piet “California” Cillié and M.J. Stucki. Flouting convention (and criticism), she has included Schalk Burger junior amongst these early luminaries, as a “living legend”! Inevitably, a wide-ranging work such as 'Val du Charron' will have its detractors, but it is an extraordinary feat, and for Amanda, a grateful, impassioned tribute to the valley from which she has drawn the spiritual succour and sustenance that helped reshape her life.