iwellington
education

Die Laerskool Hugo Rust
Die Laerskool Hugo Rust is 'n skool met Afrikaans as taal van onderrig en leer, met 'n Christelike etos. Huidig is daar 494 leerders in die skool wat hul trotse leuse daagliks uitleef: Net die Beste.

Die kern van die skool is die akademie, daarom word klein klassies, vanaf gr. 1 tot en met gr. 4, as 'n prioriteit uitgeleef sodat optimale akademiese aandag gegee kan word.

In 2009 het Die Laerskool Hugo Rust sy 60ste bestaansjaar gevier. 'n Groot opgewondenheid heers oor die reuse, langverwagte saal in wording! Nasorgfasiliteite en - geriewe is 'n bonus vir werkende ouers, want in Die Laerskool Hugo Rust het ons gelukkige leerders, ouers en opvoeders.
Phone 021 873 1598 | e-Mail | Website
Die Laerskool Hugo Rust Die Laerskool Hugo Rust Die Laerskool Hugo Rust Die Laerskool Hugo Rust

Huguenot Primary School / Hugenote Laerskool
“Waar elke kind toegerus word vir die lewe”. Ons leuse: “Mik Hoog”
Ons is ‘n Afrikaans-Engels parallelmedium skool met ‘n Christelike etos.
Ons spog met genoeg ruim, lugverkoelde klaskamers, twee sale wat albei baie gewilde onthaalsale is, ‘n splinternuwe rekenaarkamer, goed-beplande sportgeriewe, ‘n pragtige, kindervriendelike biblioteek, kunslokaal, tegnologiesentrum, musiekafdeling, aanloklike speelareas, nasorgfasiliteite en ruimte in die hoërskoolkoshuis vir leerders van gr.5 – 7.

Hugenote se akademie word hoog aangeslaan, en met reg, soos ons oudleerders elke jaar by toekenningsaande van hul onderskeie hoërskole bewys. In die grondslagfase word klem op die basiese boustene van akademiese uitnemendheid gelê: goeie syfer- en geletterdheidsvaardighede. Jaarlikse opvoedkundige uitstappies en deelname aan die wiskunde olimpiade en wetenskap- en tegnologiekompetisies versterk die akademie op ‘n praktiese wyse. As deel van ons verbintenis tot akademiese uitnemendheid beskik ons oor die dienste van ‘n arbeidsterapeut, leesterapeut, spraakterapeut en remediërende onderwyseres wat leerders ondersteun ten opsigte van spesifieke behoeftes. Didaktiese hulp is deel van die weeklikse rooster. Akademiese presteerders kry kwartaalliks erkenning.

The Huguenot sport programme is presented in such a way that learners do not have to choose between different sport codes. They are able to participate in every code that they choose: athletics, tennis, swimming, cricket, rugby, netball, hockey, cross country, chess, biathlon and “jukskei”. The excellent results that our sport stars achieve, is proof of the standard of coaching. We regularly honour learners who are awarded provincial and national colours.

Met 2 kore, ‘n Orff- en slagorkes, blokfluitensembles, debat- en redevoering en jaarlikse deelname aan die eisteddfod in sang, orkes, koorwerk, dans, woordkuns en visuele kuns, word daar ook in hierdie ontwikkelingsbehoeftes van elke kind voorsien. Hugenote beskik oor die dienste van 2 musiekonderwyseresse, asook ‘n privaat vioolonderwyseres. Die konserte wat elke 2 tot 3 jaar gehou word, is legendaries, en ouers en vriende kom van heinde en ver om dit by te woon.

Our motto “Aim High” and catch phrase “Huguenot Primary – Where every child is equipped for life”, say it all.


Phone 021 873-1362 / 873-4879 | e-Mail | Website
Huguenot Primary School / Hugenote Laerskool Huguenot Primary School / Hugenote Laerskool Huguenot Primary School / Hugenote Laerskool Huguenot Primary School / Hugenote Laerskool

African Tails Boland
Education — We are presently focusing on educating the urban public about the situation in the townships as well as educating the township communities about proper animal care through weekly sessions with African Tails. We too want to implement a weekly educational in the Boland, on the farms and in the rural communities & villages.

Social Upliftment — we want to start an Upliftment between communities to start their very own small & organic vegetable gardens as well as real free range eggs, so the workers on the farms can produce this & then sell it & market it through us, to the public.

Banking Details — If you would like to make a donation:
Nedbank Sea Point
Account name: African Tails Boland
Current Acc #: 1069421871
Branch Code: 106909
Reference: Andre Boland
Please email proof of payment to info@africantails.co.za & contact@africantails.co.za

Phone 071 083 9228 | e-Mail | Website
African Tails Boland African Tails Boland African Tails Boland African Tails Boland

Showing (1) to (3) of total 3 listings